School Profile

Overview

Die Hoërskool Martin Oosthuizen, vernoem na Martin James Oosthuizen wat van 1919 tot 1950 die skoolhoof was, is die trotse uitvloeisel van “tentonderwys” wat in 1898 op die plaas Stofbakkies ontstaan het. Intussen het “HMO” die huishoudelike naam van hierdie spog- akademiese instelling geword. HMO onderskei hom van ander skole deurdat twee spesialis-studierigtings aangebied word, nl. suiwer akademie en landbou-akademie. HMO se hoë akademiese standaard blyk uit die feit dat ons gereeld onder die top 3- akademiese skole in die ZFM-streek is. Op buitemuurse gebied word uitnemend presteer. HMO bied ‘n fenomenale sport- en kultuurprogram van 18 skool- en 6 nie-skoolaktiwiteite. Proteakleure in sport, beste sprekers Agri NK, nasionale redenaars en die ATKV Beste Tienerakteur, is enkele van die prestasies wat ons uitnemendheid onderstreep. Deur u kind die geleentheid te bied om ‘n skoolloopbaan by HMO te deurloop word hy/sy deel van ‘n ryk tradisie: van die Kookpotdoop in graad 8 tot die Uitstapseremonie in graad 12. Belê in u kind, word deel van HMO!

About Hoërskool Martin Oosthuizen

Hoërskool Martin Oosthuizen Akademiese en Landbou SkoolHoërskool Martin Oosthuizen Akademiese- en Landbouskool. •Die skool met die beste graad 12-Rekeningkundeleerder 2018 in die Noord-Kaap. •Kwaliteit en individuele aandag. •Die enigste skool in die ZFM-distrik wat ‘n volledige landboukurrikulum bied. •Een van die Top 3-skole in die ZFM-distrik en een van die Top 10-skole in die Noord Kaap. Kom deel in die geskiedenis van ons 100 ste bestaansjaar tydens HMO-eeufees 2020!

Expertise

Portfolio

Address

  • Voortrekkerstraat 37 Kakamas 8870
  • 054 431 0884
  • admin@hmoskool.co.za

Contact Form